Module 4: Die Gebed van 'n Dissipel

A nice and moody background image.

Beskrywing van module

In hierdie module wil ons mense begelei om te leer hoe om met 'n groter bewuswording van God in die alledaagse lewe te leef.

Dit sluit onder andere in hoe ons na God kan leer luister op al die verskillende maniere waarop Hy met ons praat, ook deur ons gedagtes, ons emosies en ons liggame.

Prys

PDF/Kindle - R120

Hardeband - R180

Oorsig van module

iphone mockup

Inleiding

In hierdie module van dissipelskap, gee ek hoofsaaklik riglyne oor hoe ons met 'n groter bewuswording van God en sy teenwoordigheid in ons, kan leef. Dit gaan met ander woorde oor gebed, want dit is wat gebed werklik is. Om bewus te word van God se inspraak in ons lewens en daarna te luister en met Hom daaroor te gesels.

Anders as wat baie mense dink of glo, is God nooit ver van ons af nie. Hy leef en woon in ons en ons lewe, beweeg en bestaan in Hom. Al rede waarom mense dikwels dink dat dit nie so is nie, is omdat hulle nie geleer het om aan Hom aandag te gee en na Hom te luister nie. Hulle aandag en bewussyn word geheel en al opgeneem deur ander dinge wat die wêreld aan hulle voorhou as noodsaaklik en belangrik. Daarom voel hulle dikwels dat hulle net nie genoeg tyd het om "nou al" so baie aandag aan God te gee nie. Miskien eendag, na hulle aftrede, sal hulle meer tyd daarvoor hê. Dit beteken dat hulle dan in werklikheid die hele doel van God met ons menswees misverstaan en ontken.

As God werklik is wie ons sê dat Hy is, beteken dit dat Hy 'n oneindige Bron van liefde, goedheid, sorg, genade, barmhartigheid, medelye, wysheid, insig, lig, raad en omgee is. As hierdie God dan sê dat Hy vir ons 'n God wil wees, met ander woorde dat Hy Homself in al sy volheid met ons wil deel; en dat Hy daarna verlang dat ons vir Hom kinders sal wees, met ander woorde dat ons sal ontvang wat Hy deel; waarom sou enige regdenkende mens dan sy of haar rug op Hom wou draai; of Hom wou ignoreer?

God verlang daarna dat ons al groeiende sal ontdek wie Hy regtig is, wie ons regtig is en sodoende sal leer om vanuit sy volheid te leef. Dit is net
moontlik as ons leer om volledig bewus te raak van sy teenwoordigheid, sy werking, sy kommunikasie van oomblik tot oomblik met elkeen van ons.

Daarom glo ek dat dit op God se hart dat ons sal leer om HIER en NOU met 'n baie groter bewussen van Hom te leef. Dat ons met ander woorde 'n lewe van gebed sal leef. Hy het ons immers geskep as sy verteenwoordigers, met die doel dat ons Hom sal verteenwoordig waar ons woon, werk en speel. Sy doel was nog altyd om integraal deel van ons totale lewe te wees. Hy wil ons graag van oomblik tot oomblik op ons lewensreis vergesel, sodat Hy ons Herder, Raadgewer, Hulp en nog baie meer kan wees. Hy verlang daarna om in alle opsigte die Bron te wees vanuit wie ons leef, die Bron van liefde, goedheid, wysheid, genade, ens. Indien ons nie leer om voldoende aan Hom aandag te gee, van Hom bewus te word en na Hom te luister nie, mis ons die oorvloed waarmee Hy ons wil toerus, geheel en al.

Ek hoop dus van harte dat hierdie paar riglyne vir jou 'n lewe van groter en dieper bewuswording van God sal oopmaak.

Ons volg dieselfde prosedure as met die vorige modules. Ons begin elke
sessie deur die Psalm van die week saam te bid. Ek noem dit nie weer aan die begin van elke sessie nie, omdat ek glo dat almal nou al vertroud is met die proses.

Module 4: Die Gebed van 'n Dissipel