Wie sê julle is Ek?

A nice and moody background image.

Beskrywing van boek

Die Bybel is sekerlik die mees merkwaardige boek wat ooit

saamgestel is. 'n Boek wat alleenlik verklaar kan word deur

Goddelike inspirasie. 'n Boek met ongekende wysheid en insig, met van die aangrypendste en mooiste verhale wat ooit opgeteken is; met van die mees insiggewende wysheidsliteratuur wat bestaan. Tog is nie alles in hierdie boek maklik verstaanbaar en verklaarbaar nie, selfs nie volkome foutloos nie. Dit kan alleenlik toegeskryf word daaraan dat daar wel ook 'n menslike element betrokke was by die ontstaan daarvan. Vir my gevoel doen dit egter nie af aan die grootsheid daarvan nie. Inteendeel, dit dra eerder by daartoe, juis omdat God mense met beperkte kennis en insig so ver dit die wetenskap en geskiedenis van die ontstaan van alles aangaan gebruik het om hierdie meesterstuk tot stand te bring.

Ek nooi jou dus uit om saam met my na te dink, verwonderd te staan en vrae te vra oor hierdie skat waarvan die waarde nie bereken kan word nie.

Prys

PDF/Kindle - R120

Hardeband - R180