Wat die hart van vol is

A nice and moody background image.

Beskrywing van boek

In die boek gesels ek oor wat dit beteken of inhou om 'n getuie van Jesus Christus te wees.

Ek vind dit so jammer dat so baie mense oor "getuienis" net op een manier dink en dit is om vir ander van Jesus te vertel; of om hulle te probeer oortuig om volgelinge van Jesus te word. So 'n benadering is eerder evangelisasie as wat dit getuienis is. Ek probeer dus aantoon dat getuienis iets is wat heeltemal spontaan en normaal is vir iemand wat in 'n lewende verhouding met God leef. Dit is nie iets wat so iemand iewers in sy of haar program moet inwerk nie. Iemand wat in 'n lewende verhouding met Christus leef, se lewe sal spontaan getuig daarvan, so ook hulle woorde en dade. Dit sien ons oor en oor in die evangelies. Ek deel daarom ook die getuienisse van verskeie dissipels in die tyd van Jesus (om die punt mee te illustreer), asook die getuienisse van hedendaagse dissipels.

Ek hoop die boekie kan mense help om van die skuldgevoelens en vrees rondom 'n lewe as getuie ontslae te raak, sodat hulle kan verstaan dat dit eintlik iets is wat baie spontaan en normaal is in die lewe van iemand wie werklik na aan God leef.

Prys

PDF/Kindle - R140

Hardeband - R200