In hierdie boek nooi ek die leser om saam met my in die spore van Jesus te stap soos wat ons sy lewe in die evangelies leer ken.
Ek maak primêr van die Johannes Evangelie gebruik, maar dikwels ook van die ander drie evangelies. Ek probeer die leser help om na te dink oor die vrae en insig wat Jesus se optredes, sy gesprekke en sy hantering van mense na vore bring. Daar word gepoog om die "oorbekendheid" wat ons almal met die verhale rondom Jesus het, weg te neem sodat ons Hom weer regtig kan sien en hoor. Daar is so baie om te leer oor dissipelskap en oor wat dit inhou om Hom te volg, as ons op die manier in sy spore stap en onsself probeer indink in die posisie van sy eerste dissipels. Ek probeer om dit alles ook vir die hedendaagse leser relevant te maak deur dit gereeld deur te trek na ons manier van lewe vandag toe.
Ek kan aan min dinge dink wat meer opwindend kan wees as om in die spore van Jesus te stap en van Homself te leer. Ek glo dat hierdie boek ons kan help om dit ook vandag nog te doen.
PDF/Kindle - R200
Hardeband - R250