Geniet God!

A nice and moody background image.

Beskrywing van boek

In hierdie boek word die reis van dissipelskap verduidelik soos dit deur die hele Bybel, van Ou tot Nuwe Testament voorkom.

Dit is slegs deur na die boodskap van die hele Bybel te kyk, dat ons kan sien dat dissipelskap nie net 'n tema is wat in die Nuwe Testament na vore kom nie, maar in werklikheid die tema van die hele Bybel is. God het ons as sy verteenwoordigers geskep, wat beteken dat ons ook sy leerlinge of dissipels is. As ons Hom werklik wil verteenwoordig op aarde, kan ons dit net doen deur voortdurend van Hom te leer en in 'n dissipelskap verhouding met Hom te leef. Daar word ook aangedui dat so 'n verhouding nie baie moeilik of veeleisend is nie, want dit is waarvoor God ons geskep het. Dit gaan daarom daaroor dat ons sal leer om God self, sy geselskap, sy leiding, sy lering en sy Persoon te geniet. Hoe meer ons Hom leer geniet, hoe meer sal ons Hom verteenwoordig.

Prys

PDF/Kindle - R130

Hardeband - R180