Hierdie boek handel oor hoe ons kan leer om na God te luister, hoe ons sy stem kan leer ken.
Ons verduidelik dat dit in werklikheid nie so moeilik is nie, as ons net weet wat daarmee bedoel word en verstaan hoe ons na Hom kan luister. Ek gee eers my eie riglyne daarvoor. Daarna deel ek hoe 'n hele aantal ander persone wat na aan God geleef het, verduidelik het hoe ons na Hom kan luister. Dit is almal mense by wie ons geweldig baie kan leer oor die onderwerp. Nie almal van ons het egter die tyd om al die mense se boeke te lees nie. Daarom het ek dit goedgedink om dit in kort op te som en saam te vat in hierdie boek, sodat meer mense toegang kan hê tot die kosbare waarhede wat hulle almal deel. Dit is maklik en eenvoudig geskryf sodat enigeen dit kan verstaan.
Een persoon se reaksie op die boek was: Dankie, dankie, dankie hiervoor! Dit het so baie dinge oop en duidelik gemaak.
PDF/Kindle - R140
Hardeband - R200