Net Een Ding is Noodsadlik

R80.00

Onbekend met die Kindle boektipe? Kliek hier vir ’n gids.



Kies die soort boek wat u verkies?

Clear
SKU: N/A Category:

Hierdie boek bestaan grootliks uit die deel van my eie meditasies en tyd met God.

Dit wat ek ervaar het wat God met my uit sy Woord deel en wat Hy op my hart lê. Dit kom vanuit 'n periode van ongeveer twee jaar waarin my vrou behandel is vir beenmurg kanker. Dus, nie 'n maklike tyd nie. In die tyd het ek egter op 'n besondere manier en in groter mate, begin ervaar waarom ons net "een ding" nodig het. Die "een ding" is my voedingsaar, my behoud, my versorging, my antibiotika, my teenmiddel in 'n tyd wat ek dit baie nodig het!

Die bedoeling daarvan is dus nie om in die eerste plek "goeie Skrifuitleg of teologie" te wees nie. Dit is meer van 'n persoonlike aard en my belewenis van God se inspraak in my lewe. Dit mag dus dikwels gebeur dat 'n baie kritiese leser voel of sê dat die teks wat aangehaal word, iets heeltemal "iets anders" beteken of sê as wat ek daaroor deel.

Additional information

Soort boek

Kindle E-Book, PDF