Module 4 – Die Bediening Van n Dissipel
R100.00
In hierdie module wil ons mense begelei om te begin onderskei waartoe God hulle roep in die praktyk van hulle lewe.
As mense vir Christus doelgerig volg, sal dit altyd lei tot toerusting en verandering in jou eie lewe wat dan uitloop op bediening in die koninkryk van God. Ongelukkig verkeer baie gelowiges onder die indruk dat net geestelike leiers geroep word tot bediening. In hierdie module help ons mense om te verstaan dat ons almal geroep word om God “voltyds te volg”, ongeag van die beroep waarin ons staan.
Ons moet net leer onderskei hoe en waar God ons wil gebruik in die omgewing waar Hy ons geplaas het. Die gedagte is dat elkeen wat die vier modules gedoen het, begelei sal word om tot ontdekking te kom van sy haar roeping, gawes en spesifieke bediening. Hierdie bediening hoef nie noodwendig binne die gemeente te wees nie, dit kan ook in die persoons se werksituasie wees.
Ook saam met Modules 3 en 4, word daar ’n retraite aangebied waar mense meer kans kry om te bid en stil te word rondom hulle spesifieke roeping en bediening.
Additional information
Soort boek | Kindle E-Book, PDF |
---|