Module 2 – Die Identiteit van ʼn Dissipel
R100.00
In hierdie module praat ons oor die vestiging van ons identiteit as kinders van die Here, asook oor die stryd tussen die vlees en die Gees.
Ons gee veral ook aandag aan hoe God ons verander om al meer soos Hy te word. Wanneer mense leer om te onderskei wat God besig is om in hulle lewens te doen, vra dit gehoorsaamheid en sal dit lei tot gedragsverandering.
Modules 1 en 2 het 24 sessies elk wat binne drie jaar afgehandel kan word. Maw 36 sessies vir die jaar. ’n Baie belangrike deel van hierdie fase van die proses, is ’n retraite (wat oor drie dae strek) waar daar meer aandag gegee word aan die hantering van bagasie, vergifnis en emosionele en geestelike gesondheid. Ek gee meer inligting oor die verskillende retraites op ‘n afsonderlike bladsy wat net daaroor handel.
Baie belangrik: Ons gebruik ook in die eerste vier modules, Jesus se lewe (soos ons dit in die Johannes evangelie leer ken) as die volmaakte voorbeeld van die lewe van `n dissipel. Ons fokus dus deurgaans op die beginsels wat Jesus geleer en geleef het en kyk hoe dit ons lewens as dissipels raak.
Additional information
Soort boek | Kindle E-Book, PDF |
---|