Module 1 – Die Wese van Dissipelskap

R80.00

Onbekend met die Kindle boektipe? Kliek hier vir ’n gids.



Kies die soort boek wat u verkies?

Clear
SKU: N/A Category:

In hierdie module begin ons om mense te leer om meer meditatief te luister na die Skrif.

Hierdie is deurgaans ’n belangrike aksent in al die modules. Daarsonder is dit bykans onmoontlik om te leer onderskei waarmee God besig is. Ons gee dan ook aandag aan ’n aantal kernsake wat veral belangrik is as mens nog aan die begin van jou geestelike reis is. Ons praat nou hier van die “begin van die reis”, maar ons ervaring is dat daar baie van ons lidmate is wat al jare lank kinders van God is, maar in terme van hulle geestelike reis eintlik nog altyd aan die begin is.

Die rede hiervoor is gewoonlik juis omdat die proses van dissipelskap of geestelike begeleiding tot nou toe in hulle lewens ontbreek het. Hierdie module handel dus o.a. oor die ontslae raak van maskers in jou geestelike lewe, die hantering van seerkry gebeure uit jou verlede, die versadiging van ons dors na geluk en vrede.

Additional information

Soort boek

Kindle E-Book, PDF