God daag op in Lyding

R30.00

PDF of EPub Aflaaibare boek

Wat ’n deernisvolle boek! Deon Loots nooi ons hier binne sy eie lewe in gedurende ‘n tyd van intense beproewing vir hom en sy eie familie. – Stephan Joubert



Die reis strek vanaf 2016 toe kanker gediagnoseer is in sy kosbare vrou, Irma, tot en met haar afsterwe op 26 Oktober 2019.

Clear
SKU: N/A Category:

Ek het nooit beplan om 'n boek hieroor te skryf nie.

Nadat my vrou Irma, met veelvuldige myeoloom (van nou af sal ek daarna verwys as VM) gediagnoseer is, het die nuus redelik vinnig versprei. Baie van ons vriende het dadelik vir my gevra om hulle op hoogte te hou. Ek het besef dat dit ure kan neem om vir elkeen individueel te laat weet hoe dit gaan. Daarom het ek 'n "broadcast list" op whatsapp begin, sodat ek op die wyse vir lmal wat belangstel, op hoogte kan hou.

Vanuit die terugvoer wat ek van vriende ontvang het, het ek al hoe meer besef dat daar 'n groot behoefte by baie gelowiges is om te weet hoe om soortgelyke moeilike situasies te hanteer. So baie het laat weet dat hulle baie leer uit dit wat ek deel, of dat dit hulle ontsaglik baie help op hulle eie reis. Ek gee hier onder so 'n paar van die opmerkings wat mense gemaak het.

Additional information

Soort boek

PDF, EPub