Draai die ander wang

R100.00

PDF of EPub Aflaaibare boek

Onbekend met die Kindle boektipe? Kliek hier vir ’n gids.

SKU: N/A Category:

As mens vandag sien hoe gemaklik Christene met geweld, oorlog en die gebruik van wapens is, dan wonder mens hoekom dit so is. Geen Christen sou in die eerste drie eeue na Christus 'n wapen opgeneem of in 'n weermag gedien het nie. Eers nadat Konstantyn die kerk in die vierde eeu staatskerk verklaar het, het Augustinus 'n klompie jare later die deur na geweld oopgemaak met 'n teorie van "geregverdigde geweld". Die staat het dit baie handig gevind en dit was nie lank nie of Christene was in grootskaal as soldateopgelei en gebruik. Tydens die kruistogte was St. Frances die enigste een wat by die Pous gaan beswaar maak het en prontuit gesê het dat die tipe geweld nie pas by volgelinge van die nie-geweldadige Christus nie.

Later, na die Reformasie, het daar weer van tyd tot tyd stemme opgegaan teen geweld, soos onder andere deur die Kwakers en Tolstoy. Die kultuur van geweld was egter te goed gevestig om werklik 'n wesenlike verandering teweeg te bring. Ook in ons eie land het ons in 'n geweldskultuur opgegroei, een wat steeds op baie vlakke in stand gehou word. Tog is daar so baie kinders van die Here wat daagliks die Bybel lees en oordink. Dit maak dus net nie sin nie. Ek is van oortuiging dat die nie-geweldadige Christus nooit deur geweld verteenwoordig kan word nie.

Dit gaan nie net oor 'n teologiese keuse van of vir, of teen geregverdigde geweld nie. Ek glo dit is 'n dissipelskap saak. Dit gaan oor die wese van die identiteit van dissipels. As ons Hom verteenwoordig wat geleer het dat ons eerder die ander wang moet draai as om terug te baklei, dan kan ons tog nie so gemaklik kies om anders as Hy te wees en op te tree nie. Dit sou immers beteken dat ons nie werklik glo dat sy lering in alle opsigte gesaghebbend en van toepassing is nie. In hierdie boek probeer ek aantoon waarom ek glo dat die weg van Christus, altyd 'n niegeweldadige weg is; en anders as wat die meeste mense glo, ook altyd 'n beter uitkoms tot gevolg het as 'n geweldadige optrede. Die Christen se enigste wapen in aanval en verdediging, is om die wil van God te doen (2 Kor. 6:7) en die wil van God is om God bo alles lief te hê en jou naaste soos jouself; en om selfs ook jou vyande lief te hê (Mat. 5:44).

Additional information

Soort boek

PDF, EPub